Duisende vuurwapens gister deur die SAPD in Vanderbijlpark vernietig
VANDERBIJLPARK - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het 46,592 vuurwapens in ‘n tydperk van ses maande permanent uit sirkulasie verwyder. Vuurwapens, ammunisie en vuurwapenonderdele waarop daar tydens misdaadvoorkomingsoperasies beslag gelê is, of wat vrywillig aan die staat oorgegee is, is in Vanderbijlpark, Vaaldriehoek, vernietig. 20,590 van die vuurwapens is gister vernietig. Die polisiewoordvoerder kolonel Athlenda Mathe sê 15,465 daarvan was handwapens en meer as 2,000 was langloop-gewere, 1,855 was haelgewere en die res vuurwapenonderdele.
FOTOS: (SAPD)

