DUNCANVILLE - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het verbruikers in die Duncanville-gebiede van Vereeniging in kennis gestel dat hulle môre die grootste deel van die dag sonder krag gaan wees. ELM het in 'n kennisgewing gesê dat Unitas Park, Arcon Park, Duncanville Uitbreiding 3, Duncanville Industriël en omliggende gebiede geraak sal word deur 'n beplande kragtoevoeronderbreking op Saterdag, 22 Junie 2024, van 09:00 die oggend tot 18:00 in die aand. Dit is te wyte aan die vervanging van isolators en beheerkabels by Duncanville Substasie. ELM sê geen waarborg kan gegee word dat toevoer af sal bly vir die duur van die onderbreking nie en het daarom geaffekteerde kliënte aangeraai om altyd alle elektriese toestelle as LEWENDIG te hanteer. Die munisipaliteit het om verskoning gevra vir die ongerief.
FOTO: (ELM)
Commentaires