top of page
Search

Dwelmhandelaar in SW1 gearresteer

VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD se misdaadvoorkomingseenheid het 'n 39-jarige Nigeriër in SW1, Vanderbijlpark, in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, sers Thembeka Koago het gesê dat die polisie 'n wenk ontvang het oor 'n huis waar dwelms in die omgewing verkoop word. Met hul aankoms by die woning het hulle dagga, dwelms en kontant ter waarde van R 5 191 gevind. Die verdagte is gearresteer en aangekla van die hantering en besit van dwelms. Die verdagte verskyn vandag in die landroshof in Vanderbijlpark.

FOTO: (Verskaf)





9 views0 comments
bottom of page