Search

Dwelmlaboratorium in Vaalpark ontdek

VAALPARK - Twee verdagtes het gister in die Sasolburg-landdroshof in die Vrystaat verskyn omdat hulle glo ‘n dwelmlaboratorium in Vaalpark bedryf het. Die Sasolburg K9-eenheid het inligting ontvang van iemand wat ʼn dwelmlaboratorium bedryf en ondersoek is ingestel. Die beamptes het ʼn verdagte gestop. ʼn Sak dwelms is in die voertuig gevind en die bestuurder is gearresteer. Die beamptes het daarna die verdagte se huis deursoek en chemikalieë vir dwelmvervaardiging gevind en nog ‘n verdagte is in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Adjudant-Offisier Lynda Steyn, sê die Valke ondersoek die saak verder.

FOTO: (Verskaf)



5 views