Search

Eco Park verbied nou alkohol by die reservaat

VAALPARK - Die Bongani Mabaso Eco Park in Vaalpark, Vaaldriehoek, het ‘n kennisgewing uitgereik dat die gebruik van alkohol op die natuurreservaat nou permanent verban word. Die fasiliteit, wat deur Sasol besit word, het in ‘n verklaring gesê die reservaat is beskikbaar vir die publiek om die natuur te geniet en om wilde diere in hulle natuurlike omgewing te kan sien. Nou moet hulle egter probleme soos vandalisme, totale verontagsaming van die reservaat se reëls, asook vuil geriewe op ’n gereelde basis hanteer. Eco Park sê hulle moet ook gereeld rommel, bier- en ander alkoholiese bottels uit die veld verwyder na naweke. Daarom is die besluit geneem om die gebruik van gebruik van alkohol op die natuurreservaat permanent te verbied. Eco Park sê die situasie sal oor tyd gemonitor word en addisionele maatreëls sal ingestel word waar nodig om te verseker dat besoekers die reservaat oppas. Die park het besoekers aangemoedig om enige voorvalle aan te meld by Sasol Sekuriteit – 016 960 5179 – of by David Dube by 082 525 3885.

FOTOS: (Bongani Mabaso Eco Park)









8 views0 comments