Search

Een dood en vyf beseer na vragmotor en ligte voertuig bots in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Een man is dood en vyf ander beseer, waaronder twee kinders is, toe 'n vragmotor en ligte motorvoertuig op die R553 in die Vanderbijlpark-nywerheidsgebied gebots het. ER24 woorvoerder, Russel Meiring sê paramedici, saam met die plaaslike brandweer en nooddienste, het die twee voertuie in die pad op die toneel aangetref. Na verdere ondersoek het die mediese personeel gevind dat die bestuurder van die ligte motorvoertuig, 'n man in sy dertigerjare, talle ernstige beserings opgedoen het. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.

FOTO: (ER24)


0 views
Listen Live.jpg