top of page
Search

Een dood na voertuig rol op die Heidelbergpad

MIDVAAL - ‘n Voertuig het Maandagoggend om half drie van die R551 Heidelbergpad af verongelug. CERT-SA het in verklaring gesê dat die voertuig van die pad af gery het en begin rol het. Die 8 insittendes was uit die voertuig gegooi en het op die grond gelê. Drie pasiënte het matige beserings opgedoen, terwyl vier ander pasiënte, insluitend 'n kind, geringe beserings opgedoen het en in 'n stabiele toestand na 'n nabygeleë hospitaal vervoer is. CERT-SA sê verder dat een persoon aan hul beserings bewsyk het, en is op die toneel dood verklaar. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie, en die Meyerton SAPS het 'n ondersoek van stapel gestuur. ER24, Midvaal Brandweer, Gauteng EMS en Midvaal Verkeerspolisie was ook op die toneel.

FOTO's: (CERT-SA)




8 views0 comments
bottom of page