top of page
Search

Een sterf, vyf beseer in 'n trompop botsing in De Deur

DE DEUR - Arrive Alive sê een man het gesterf en vyf mense is beseer na 'n ligte motorvoertuig en ‘n bakkie die naweek op Roseweg, R551, in De Deur, Vaaldriehoek, reg van voor in mekaar vasgery het. ER24-paramedici het Saterdagmiddag omstreeks 14:00 saam met GPG, Midvaal Brandweer, die SAPD en ander private EMS-dienste op die toneel gekom. Arrive Alive sê die bestuurder van die BMW is leweloos in die voertuig gevind en met aankoms deur GPG-medici dood verklaar. Die twee manlike passasiers van die voertuig is kritiek beseer en is met Gevorderde Lewensondersteuning-intervensies behandel. Hulle is beide na Sebokeng- en Chris Hani Baragwanath-hospitale vervoer vir verdere sorg. Drie ander mans van die bakkie het geringe tot ernstige beserings in die voorval opgedoen en hulle is na die Sebokeng-hospitaal vir verdere sorg vervoer. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was op die toneel vir verdere ondersoek. FOTO: (Arrive Alive)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page