Search

Een vrou sterf en drie ander ernstig beseer na Barrageweg ongeluk

VANDERBIJLPARK - Paramedici sê 'n vrou het gesterf en minstens drie ander is beseer ná 'n trompop botsing tussen twee ligte motorvoertuie op Barrageweg in Vanderbijlpark gisteraand. ER24 sê hul paramedici het om 19:07 op die toneel aangekom waar een ligte motorvoertuig in die pad en die ander voertuig langs die pad tot stilstand gekom het. Die nooddiens sê vier vroue was in een van die voertuie vasgekeer. Een vrou het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen terwyl die ander drie in 'n kritieke toestand was. Medici het gespesialiseerde reddingstoerusting gebruik om die vroue uit die motor te bevry. Nadat hulle vrygelaat is, is die vroue behandel en van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat hulle na die Sebokeng Provinsiale hospitaal vervoer is vir dringende sorg. 'n Ander diens op die toneel het pasiënte vanuit die tweede voertuig behandel. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

FOTO: (Verskaf)




25 views0 comments