Search

Eerste leerling in Sedibeng toets positief vir COVID-19 by Phoenix Hoër

VEREENIGING - Phoenix Hoërskool in Vereenging het bevestig dat daar een positiewe COVID-19 geval by die skool bevestig is. Volgens ‘n verklaring wat die skoolhoof, Mr. Botha, onderteken het, sal die skool vir die res van die week gesluit wees en weer op Maandag 22 Junie heropen. Die skool het ouers verseker dat al die korrekte prosedures gevolg word en dat die skool weer deur sanitasie sal gaan voor dit heropen. Die besluit om die skool te sluit is geneem na besprekings met hulle Distriksdirekteur. Botha het Graad 12 ouers gevra om nie hulle kinders skool toe te stuur indien hulle sleg voel nie, en om dan hulle dokter te besoek en hulle kinders te laat toets. Hy het alle ouers bedank wat die skool help om positief en gemotiveerd in hierdie tyd te bly. Botha sê saam kan ons verseker dat ons kinders veilig en gesond bly.

FOTOS: (Phoenix High School)



0 views
Listen Live.jpg