EFF sluit N1 in protes van Walus se parool
N1 - Die Gautengse Verkeerspolisie het ‘n beroep op motoriste gedoen om die N1-noord tussen Johannesburg en Pretoria te vermy. Volgens die verskeerspolisie se inspekteur Obed Sibasa is dié pad tussen Olifantsfonteinweg en New Road vanoggend gesluit weens die EFF se onwettige betoging. Sibasa sê die party is op pad na die kantoor van die hoofregter in Midrand om hulle ongelukkigheid te toon met die beslissing om parool aan Janusz Walus toe te staan. Hy vra dat motoriste eerder van Lever-weg of Ou Pretoriaweg gebruik maak tussen Johannesburg en Pretoria. Volgens Sibasa is wetstoepassers na die toneel ontplooi om die geskil te probeer bylê.
FOTO: (EWN)
