top of page
Search

Eienaar verloor verskeie besittings tydens huisbrand in De Deur

DE DEUR - Die Community Emergency Response Team (CERT-SA) se Vaaldriehoek-groep het oor die naweek gereageer op ‘n huisbrand by ‘n informele nedersetting in Lakeside, De Deur. CERT-SA sê hulle Vaaldriehoek-afdeling het omstreeks 04:15 Saterdagoggend op die toneel gekom waar die erge brand reeds geblus was. Daar was egter groot skade aan verskeie besittings binne die woning. Daar was gelukkig niemand tuis tydens die brand nie, wat beteken niemand is beseer nie. CERT-SA het Midvaal Brandweer bedank vir hulle bystand op die toneel.

FOTOS: (CERT-SA)





8 views0 comments
bottom of page