
Elf hof toe na Parys-onluste
PARYS - Elf mense sal na verwagting binnekort in die Parys-landdroshof verskyn na ’n betoging wat die munisipaliteit se dienslewering beïnvloed het. Find-it berig die betogers het glo Maandag verskeie geboue aan die brand gesteek, insluitend die Ngwathe-munisipaliteit se burgemeestershuis.Die betoging was oor swak dienslewering en ’n watertekort. Die elf betogers is aangekla van openbare geweld en nog aanklagtes kan teen hulle ingebring word. FOTO: (Verskaf)
