Emfuleni amptenare betrek by onreelmatige kontrakte van R870-miljoen
EMFULENI - Minstens 33 amptenare van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit word betrek by die plundering van meer as R870-miljoen se munisipale fondse. Dit is volgens die forensiese maatskappy, Comperio Consulting, se verslag wat hooggeplaastes, onder andere die munisipale bestuurder, betrek by onreëlmatige uitgawes en talle oortredings van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Daar word tans 15 kontrakte ondersoek. Die verslag beveel aan dat die munisipaliteit strafregtelike klagtes indien sodat die amptenare hulle saak in ’n verhoor kan stel.
FOTO: (Verskaf)
