Search

Emfuleni het geen gekwalifiseerde elektrisiën in diens nie

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus in Vanderbijlpark veroordeel die voorval waar ʼn kontrakwerker van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit geskok en ernstig beseer is terwyl hy besig was om ʼn stukkende 88KVA-kabel te herstel. Raadslid Gerda Senekal skryf in ‘n verklaring dat die voorval voor die deur van die munisipaliteit gelê moet word wat geen gekwalifiseerde elektrisiën in diens het nie. Volgens Senekal is die man, wat 80% brandwonde opgedoen het, in ʼn bedenklike toestand in die Sebokeng-hospitaal. Hy was besig om ʼn stukkende elektriese kabel by die Powerville-substasie in Vereeniging te herstel toe iemand vermoedelik die lyn aangeskakel het. Die VF Plus hou die administrateur van Emfuleni, Gilberto Martins, verantwoordelik vir die gebeure.

FOTO: (Vryheidsfront Plus)




15 views0 comments