top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Emfuleni kry tien nuwe personeellede ten spyte van sy benarde finansiële situasie.

VANDERBIJLPARK - Die VF Plus het tydens ʼn raadsitting van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) gewaarsku dat die munisipaliteit se salarisbegroting nie die tydelike aanstelling van tien wetstoepassers kan bekostig nie. Die spesiale loodsprojek wat ses maande sal duur, is daarop gemik om tydelike wetstoepassers aan te stel wat moet sorg dat munisipale bywette uitgevoer word. Die projek sal die raad R2,8 miljoen kos wat ʼn gepantserde voertuig, vuurwapens, ammunisie, uniforms en ʼn salaris van R23 000 per maand insluit. Gerda Senekal van die VF Plus sê die bankrot Emfuleni sukkel reeds die afgtelope tien maande om sy werknemers se salarisse betyds te betaal. Daarbenewens het Randwater die munisipaliteit se bankrekening gevries weens wanbetaling. Volgens Senekal word Krediteure eers 900 dae nadat werk afgehandel is, betaal weens die munisipaliteit se benarde finansiële situasie. Senekal sê geen stukkende waterpype en kragkabels kan reggemaak word nie omdat daar nie voertuie of geld vir diesel is om klagtes te hanteer nie. Vullisverwydering vind ook nie gereeld plaas nie. Volgens Senekal is daar in die 2022/23-finansiële jaar R884 miljoen vir kragverbruik ontvang en R712 miljoen vir waterverbruik.




7 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page