Search

Emfuleni Raadslid Gerda Senekal verkies tot ondervoorsitter van VF-Plus Gauteng

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus Gauteng het Emfuleni Raadslid Gerda Senekal verkies as een van twee ondervoorsitters by die party se re-organisasie om hulle nuwe leierskap en provinsiale dagbestuur te verkies. Die re-organisasie wat by die Heartfelt Arena in Pretoria gehou is, is deur amper 80 takke met meer as 230 afgevaardigdes uit al vier streke in die provinsie bygewoon. Jaco Mulder is herverkies tot Gautengleier nadat hy die ander genomineerde kandidaat, Sakkie du Plooy van Pretoria, oortuigend verslaan het. Opwinding was aan die orde van die dag toe daar vir die eerste keer in die party se bestaan twee vroulike ondervoorsitters verkies is. Gerda Senekal van Emfuleni en Amanda de Lange van Mogale City sal die verantwoordelikheid dra om Jaco Mulder by te staan in Gauteng. Die party sê die Gauteng Dagbestuur at verkies is bestaan uit ‘n goeie mengsel van jeug, sowel as vroulike verteenwoordiging en het meer as 100 jaar gekombineerde ondervinding op die politieke speelveld.

FOTO: (VF Plus)


4 views0 comments