Search

Emfuleni sê huidige watertekorte is weens Rand Water kredietbeheer

VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit sê hy is bewus van watertekorte wat groot dele van Emfuleni vandag, 2 Maart, affekteer. Die munisipaliteit het vandag in ‘n verklaring gesê daar is watertekorte weens Rand Water wat watervermindering as ‘n kredietbeheermaatreël sedert Donderdag, 25 Februarie, ingestel het. Areas wat hoër geleë is in Vereeniging, Evaton, Sebokeng, Vanderbijlpark, Bophelong, Roshnee en Rus-Ter-Vaal word die meeste deur die tekorte geraak. Emfuleni sê hy is tans in samesprekings met Rand Water in ‘n poging om ‘n blywende oplossing te vind. Die munispaliteit het om verskoning gevra vir die ongerief en inwoners verder aangemoedig om steeds water spaarsamig te gebruik. Vir meer inligting kan inwoners die Metsi-a-Lekoa kliëntedienssentrum kontak by 062 932 9073.

FOTO: (Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit)



2 views0 comments