Search

Emfuleni sê kennisgewings dat slimmeters nie vandag installeer word nie is vals

VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit sê daar is valse uitstel-kennisgewings wat die rondte op sosiale media doen in verband met die beplande installering van slim elektrisiteitsmeters wat vandag begin. Emfuleni sê die munisipaliteit gaan steeds begin met die vervanging en installasie van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters. Verbruikers word gewaarsku dat enige uitstelkennisgewings in verband hiermee nie van die munisipaliteit af kom nie. Emfuleni sê die elektrisiteitsmeter-installeringsprogram begin vandag, 22 Oktober, in CE 7 en CE 8 (Miami Sands). Die munisipaliteit vra verbruikers om met munisipale amptenare saam te werk en hulle toegang te gee om die meters te installeer. Emfuleni sê foutiewe meters word vervang en huishoudings sonder meters ontvang meters, sodat die munisipaliteit faktuurfoute kan beperk en faktuur-akkuraatheid kan verbeter.

FOTO: (Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit)


10 views0 comments