top of page
Search

Emfuleni sê Vanderbijlpark gaan byna die hele Sondag sonder krag wees

VANDERBIJLPARK - Vanderbijlpark inwoners word herhinner aan 'n kragonderbreking wat na verwagting die hele Sondag gaan duur. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit sê Vanderbijlpark en omliggende gebiede sal op Sondag, 27 Februarie, vanaf 09:00 die oggend tot 19:00 die aand deur 'n beplande kragonderbreking geraak word. ELM sê in ’n kennisgewing die munisipale substasie sal afgeskakel word weens noodsaaklike herstelwerk en instandhouding. Emfuleni sê om toekomstige betroubaarheid van elektrisiteitstoevoer na Vanderbijlpark en omliggende gebiede te verseker, sal noodinstandhoudingswerk aan 88kV-strukture eerskomende Sondag by die munisipale substasie uitgevoer word. Die munisipaliteit sê geen waarborg word gegee dat toevoer af sal bly vir die duur van die onderbreking nie. ELM het om verskoning gevra vir die ongerief. Vir meer inligting kan inwoners die Elektrisiteitsbeheerkamer via WhatsApp by 065 871 7483 kontak. FOTOS: (Emfuleni Munisipaliteit)



32 views0 comments
bottom of page