Emfuleni se interdik aansoek teen Eskom van die hand gewys
VAAL DRIEHOEK - Die Noord Gautengse Hooggeregshof het Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se aansoek vir ‘n dringende interdik om Eskom te verhoed om op sy eiendom beslag te lê, met koste van die hand gewys. Die Balju het Dinsdag in opdrag van die kragvoorsiener beslag gelê op bates vir die delging van agterstallige skuld van twee-komma-drie-miljard rand. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantha, sê die regter het ook bevind dat die Munisipaliteit onder eed gelieg het deur te sê dat hulle sedert Februarie op ‘n antwoord van Eskom gewag het oor die beslaglegging van eiendom. Hy sê die Balju is steeds besig by die Munisipaliteit se kantore in Vanderbiljpark. FOTO: (Verskaf)
