top of page
Search

Energie-departement maak 'n fout met die petrolprys vir Desember

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Minerale Bronne en Energie het erken die styging in die petroloprys wat dié week aangekondig is, was verkeerd. Die petrolprys het wel vandag gestyg, maar dit was met 75c per liter in plaas van 81c. Die departement sê in ‘n verklaring die 6c verskil is weens die aanpassing van petroljoggies se lone wat in September ingestel is. Ten spyte van die regstelling, gaan die jongste prysstyging steeds die prys van petrol tot meer as R20 in Gauteng en ander provinsies opstoot. Die departement se woordvoerder, Robert Maake, sê die department was reeds in kontak met die petroleumbedryf en die regstelling tree onmiddellik in werking. Die ander verhogings bly onveranderd. Die dieselprys styg met tussen 72c en 74c per liter, en die paraffienprys met meer as 40c per liter.

FOTO: (Verskaf)


9 views0 comments
bottom of page