Energie-opwekkingsprojek in Sasolburg een van 16 wat deur Nersa goedgekeur is
VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het die registrasie van ‘n verdere 16 verspreide opwekkingsprojekte goedgekeur, insluitend in die Metsimaholo area in die Vaaldriehoek. Volgens Engineering News het die chemiese groep, Omnia, 'n registrasiesertifikaat bekom vir die ontwikkeling van 'n 5 megawatt eiegebruik sonkrag-fotovoltaïese projek, wat in Sasolburg gebou gaan word. Die 16 projekte het ‘n gesamentlike drakrag van 211 megawatt en ‘n beleggingswaarde van 3,65-miljard-rand. Die projekte sluit in Lephalale Solar se 80-megawatt-aanleg in Limpopo, Msenge Emoyeni se 72-megawatt-windkragprojek in die Oos-Kaap, en Richtersveld Sunspot se 40-megawatt-sonkragaanleg in die Noord-Kaap.
FOTO: (Engineering News)
