Search

Energiekenner verwag dat beurtkrag vir nog minstens vyf jaar gaan duur

VAALDRIEHOEK - Die energiekenner, Ted Blom, sê beurtkrag gaan waarskynlik vir ten minste die volgende vyf jaar ʼn werklikheid vir die land wees. Eskom sê beurtkrag is vir ‘n wyle nie ingestel nie as gevolg van ʼn afname in aanvraag en die hernude indiensstelling van sekere opwekkingseenhede. Blom sê dit gaan lank neem vir die kragvoorsiener om oplossings te vind vir sy steenkoolprobleme en agterstand in onderhoud. Intussen sê Eskom in ’n verklaring hy het vanoggend nóg 700 MW se opwekkingsvermoë verloor weens foute of ander dringende instandhoudingswerk wat gedoen moet word. Dit bring die totale verlore opwekkingsvermoë op net meer as 14 000 MW te staan. Die feit dat baie ondernemings oor die vakansietyd gesluit is, is al rede waarom Suid-Afrikaners se ligte nog brand. Eskom sê hy kan beurtkrag net afweer as die verlies aan opwekkingsvermoë minder as 9 500 MW is. Sy tegnici werk tans hard om die verlore kapasiteit tot onder hierdie kerf te verminder. FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg