Search

Ernstige en geweldsmisdaad neem af

VAALDRIEHOEK - Ernstige en geweldsmisdaad het die afgelope week afgeneem. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, skryf dit onder meer toe aan faktore soos die verbod op drankverkope sedert die begin van die inperking. Hy het bevestig dat moordsake gedaal het van 326 in dieselfde week ‘n jaar gelede tot net 94, verkragting van 699 tot 101 en aanranding met die opset om ernstig te beseer van 2 673 tot 456. Cele het ook die afname in klagtes teen polisielede tydens die inperking verwelkom.

FOTO: (Verskaf)


15 views