Search

Eskom deel slegte en goeie nuus oor beurtkrag

VAALDRIEHOEK - Eskom sê Suid-Afrikaners kan tot 104 dae van kragonderbrekings in die gesig staar, met fase 3-beurtkrag as die hoogste wat geïmplementeer word. Intussen sê Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, die kragvoorsiener het vierduisend hektaar grond in Mpumalanga beskikbaar gestel vir beleggings in hernubare energie. De Ruyter het die aankondiging gister tydens ‘n media-inligtingsessie oor die stand van die land se kragstelsel gemaak. Hy sê hierdie jongste ontwikkeling sal private beleggers in staat stel om netwerktoegang in die nabyheid van steenkoolkragstasies te verkry. De Ruyter sê die land moenie toelaat dat beurtkrag deel van die nuwe norm word nie.

FOTO: (Verskaf)



12 views0 comments