Search

Eskom doen beroep op publiek om elektrisiteitsverbruik te verminder

VAALDRIEHOEK - Eskom het weer ‘n beroep op mense gedoen om elektrisiteitsverbruik te verminder, aangesien die kragopwekstelsel ernstig beperk is. Een opwekeenheid is weens vertragings, nog nie weer in gebruik geneem nie. Boonop het eenhede by die Tutuka- en Hendrina-kragstasies gister onklaar geraak. Dit dra by tot verdere onderbrekings by die Tutuka-, Majuba-, Komati-, Kendal- en Hendrina-kragstasies, almal in Mpumalanga. Die kragreus herhaal dat enige verdere agteruitgang die instelling van beurtkrag op kort kennisgewing kan noodsaak.

FOTO: (Eskom)



6 views