Search

Eskom doen korttermyn-instandhouding op opwekkings-infrastruktuur

Eskom sê die ingrypende afname in die vraag na elektrisiteit het hom in staat gestel om belangrike korttermyn-instandhouding op sy opwekkings-infrastruktuur te doen. Verbruik het met tussen sewe-duisend-500 en nege-duisend megawatt afgeneem vandat inperking verlede Vrydag van krag geword het. Eskom sê hy kon sommige opwekkingseenhede uit diens stel en Eenheid Twee van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad sal Vrydagaand ook afgeskakel kan word vir instandhouding.

FOTO: (Verskaf)


1 view