top of page
Search

Eskom kondig fase 5 en 6 beurtkrag aan

VAALDRIEHOEK - Eskom sê hy sukkel om kragopwekkingseenhede wat onklaar geraak het vinniger in bedryf te stel as wat daar nuwe probleme ontwikkel, en daarom is hy genoodsaak om hoër fases beurtkrag in te stel. Van 12:00 af sal beurtkrag na fase-5 verhoog word tot om 21:00 vanaand, wanneer dit na fase-6 verhoog sal word. Die kragvoorsiener beplan om dit van môreoggend (Woensdag) om 05:00 na fase-5 aan te pas waar dit sal bly tot Vrydagoggend om 05:00. As alles volgens plan verloop behoort fase-4 weer van Vrydagoggend af van krag te wees.


2 views0 comments
bottom of page