Eskom om ‘n force majeure te verklaar
VAALDRIEHOEK - Eskom het hulle steenkoolverskaffers ingelig dat hulle ‘n force majeure gaan verklaar omdat die kragvoorsiener nie hul kontraktuele verpligtinge kan nakom nie. Dit kom weens die afname van die vraag in elektrisiteit. Die kragverskaffer sê hulle moes sekere opwekkingseenhede onttrek omdat teveel krag geproduseer sou word. Exxaro, een van Eskom se hoof-steenkoolverskaffers, sê die afname in die vraag na elektrisiteit is nie ‘n genoegsame rede om ‘n force majeure te verklaar by kragstasies wat steeds elektrisiteit kan lewer nie. Eskom sê hulle is van plan om produksie by die Medupi- en Matimba kragstasies te stop. Energie-kenner Ted Blom sê Eskom het geen ander keuse as om weer beurtkrag in te stel nie. Hy het reageer nadat die kragverskaffer aangekondig het dat deurlopende kragonderbrekings weer volgende maand sal begin. Blom wys daarop dat Eskom sê hoewel die huidige afname in die vraag na elektrisiteit hom gehelp het, beperkings op aankope in die afsluitingstyd beteken dat slegs laevlak- en roetineherstelwerk gedoen kan word.
FOTO: (Verskaf)
