Search

Eskom onttrek tydelik sy dienste in verskeie gemeenskappe in en om die Vaaldriehoek

VAALDRIEHOEK - Eskom is bekommerd oor die toename in gemeenskappe wat sy tegnici se werk onderbreek terwyl hulle herstelwerk doen in en om die Vaaldriehoek. Die kragvoorsiener het nou besluit om tydelik dienste aan Boipatong, Orange Farm, Palm Springs, Sebokeng, Sharpeville en Tshepiso te onttrek en tegnici sal eers terugkeer wanneer dit veilig is. Die opgeskorte dienste het ook vele betogings in die area tot gevolg gebring. Die afgelope paar maande is die kragreus se tegnici geïntimideer en selfs gyselaar gehou terwyl hulle hul werk in die gemeenskappe probeer doen het.

FOTO'S: (Twitter)


6 views