top of page
Search

Eskom se raad het volgens berigte André de Ruyter se vermoë om te bestuur, ondermyn

VAALDRIEHOEK - Eskom se raad het die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, André de Ruyter, volgens berigte geleidelik gesaboteer sedert dit in Oktober aangestel is. Hy het gister bedank, te midde van voortslepende beurtkrag. De Ruyter se vertrek volg op toenemende kritiek van ministers en ander sektore oor die kragvoorsiener se onvermoë om die ligte aan te hou. Volgens News24 het die raad De Ruyter en sy vermoë om Eskom te bestuur, ondermyn. Die voorsitter, Mpho Makwana, wou glo nie ‘n dokument onderteken om die verkryging van 585 megawatt elektrisiteit van bestaande verskaffers goed te keur nie.

Eskom in Gauteng het intussen die Stad Johannesburg se kragentiteit, City Power, vrygestel van ‘n mate van die kragonderbrekings. Dit is geldig vir groot dele van die stad wat aansienlike kragverlies ervaar het. Eskom se woordvoerder, Amanda Qithi, sê die uitstel volg op City Power se versoek namens die gebiede wat ernstig geraak is deur die onlangse vloede en storms.

FOTO: (News24)


4 views0 comments
bottom of page