Search

Eskom skort vandag se fase 2-beurtkrag op

VAALDRIEHOEK - Eskom het aangekondig dat daar vandag geen fase twee beurtkrag sal wees nie. Vier kragopwek-eenhede kon laat gister weer by die netwerk ingeskakel word. Die kragvoorsiener sê nog twee eenhede sal na verwagting teen vandag herstel wees en tegnici werk hard daaraan om die ander onklaar eenhede weer reg te kry. Eskom se woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê Suid-Afrikaners moet steeds elektrisiteit spaarsaam gebruik.

FOTO: (Verskaf)



1 view