Search

Eskom skuif beurtkrag op na Fase 4 tot en met Vrydag

VAALDRIEHOEK - Eskom het aangekondig dat Fase 4-beurtkrag vanaf 09:00 vanoggend tot Vrydagoggend 05:00 geïmplementeer word. Daarna sal beurtkrag verlaag word na Fase 2 tot 05:00 Maandagoggend. Die kragvoorsiener sê dit is weens verdere onklaarraking van opwekkingseenhede. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê oornag het ‘n eenheid elk by Kendal-, Duvha-, Camden- en Kusile-kragstasies onklaar geraak.

Sien Emfuleni munisipaliteit se jongste beurtkrag skedule soos deurgee deur AfriForum Vanderbijlpark:

FOTOS: (Eskom; AfriForum Vanderbijlpark)














22 views0 comments