Search

Eskom skuif beurtkrag op na Fase 4 tot Vrydagoggend

VAALDRIEHOEK - Eskom het aangekondig dat Fase 4-beurtkrag vanaf 12:00 vandag tot Vrydag 05:00 geïmplementeer sal word. Daarna sal Fase 2-beurtkrag tot Saterdag 05:00 geïmplementeer word soos voorheen aangekondig. Die kragvoorsiener sê dit is weens verdere tekorte aan opwekkingskapasiteit. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die afgelope 24 uur het ‘n eenheid elk by Medupi-, Kusile- en Matla-kragstasies onklaar geraak, terwyl ‘n eenheid elk by Lethabo en Arnot afgeskakel is.

FOTO: (Verskaf)



8 views0 comments