Search

Eskom verwag net drie dae van beurtkrag vir SA hierdie winter

VAALDRIEHOEK - Eskom sê daar is ‘n 80% kans dat Suid-Afrikaners hierdie winter slegs drie dae van beurtkrag sal ervaar. Hierdie vooruitskatting is ‘n dramatiese afname vanaf die meer as 30 dae wat vroeër in die jaar voorspel is. Dit kom nadat die COVID-19 inperking ‘n beduidende invloed gehad het op die kragnetwerk met meer fabrieke en ondernemings wat hul deure gesluit het. Terwyl sommige van Eskom se bedrywighede weens die krisis opgeskort moes word, het die kragverskaffergesê dat dit ook ‘n geleentheid gebied het om die nodige infrastruktuur-onderhoud uit te voer. Volgens uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, is dit “nou of nooit’ om die omkeerplan van die kragreus op die been te bring. Netwerk24 berig die verdeling van Eskom in drie entiteite – vir opwekking, transmissie en distribusie – word nou al meer as ’n jaar lank bespreek. Daar word wel met die proses gevorder: Elke afdeling het reeds sy eie direksie en inkomstestate. De Ruyter sê Eskom het interne finansies gebruik om amptelik die opbreek van Eskom in drie dele van stapel te stuur. De Ruyter sê steenkoolreserwes is nou vir die eerste keer stabiel en waar dit behoort te wees Hy sê Eskom het baie werk gedoen om te verseker dat sy verskaffers beter voorraad teen beter tariewe aflewer. Hy erken dat opwekking is steeds nie waar dit behoort te wees nie. Die energiebeskikbaarheidsfaktor van Eskom is steeds onder 70%, maar De Ruyter sê elke moontlike stap word tans gedoen om te verseker dat hierdie syfer eersdaags verbeter.

FOTO: (Verskaf)


4 views