Eskom verwag nie om vandag beurtkrag in te stel nie
VAALDRIEHOEK: Eskom het aangekondig dat geen beurtkrag vir vandag voorspel word nie. Die kragreus sê dat hul genoegsame kragopwekkingsvermoë bekom het om die vraag na elektrisiteit te bevredig. Eskom het wel gewaarsku dat daar steeds ‘n moontlikheid van beurtkrag bestaan, al is dit hoe klein, en dat verbruikers gereed moet wees.
FOTO: (Verskaf)
