Search

Eskom vra die publiek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik

VAALDRIEHOEK - Eskom doen ‘n beroep op die publiek om die gebruik van elektrisiteit te verminder, aangesien die voorspelde koue weerstoestande ernstige druk op die kragstelsel sal plaas. Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku het dat ‘n opeenvolging van kouefronte na verwagting vandeesweek die land sal tref. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die stelsel presteer tans relatief goed, en Eskom verwag nie om op hierdie stadium beurtkrag te implementeer nie.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments