top of page
Search

Eskom vra verbruikers om krag te spaar sodat hoër fases beurtkrag vermy kan word

VAALDRIEHOEK - Eskom het ‘n hernude beroep op Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse verbruikers gedoen om hulle deel te doen sodat hoër fases van beurtkrag nie nodig is nie. Dit kom nadat Eskom gistermiddag fase 6-beurtkrag vroeër as die verwagte tyd ingestel het. Die nutsmaatskappy het eers berig dit sou teen vier-namiddag ingestel word maar het dit na drie-uur gistermiddag verskuif. Woordvoerder Daphne Mokwena het gesê dit is omdat die stelsel onder druk is. Sy raai verbruikers aan om nie-noodsaaklike toestelle af te skakel om hoër fases beurtkrag te vermy.

FOTO: (Eskom)


2 views0 comments
bottom of page