Search

Eskom waarsku dat sy kragopwekstelsel onder groot druk is

VAALDRIEHOK - Eskom het ‘n dringende beroep op klante gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik, aangesien die kragopwekstelsel onder groot druk funksioneer, nadat twee eenhede afgesluit het. Volgens die kragvoorsiener het hy gisteraand ‘n eenheid by die Medupi-kragstasie in Limpopo en by Tutuka in Mpumalanga verloor, wat tot gevolg gehad het dat daar tans 1 300-megawatt minder elektrisiteit beskikbaar is. Eskom sê die beperkte krag-situasie mag tot na die naweek voortduur.

FOTO: (Verskaf)


0 views