Search

Eskom waarsku dat sy netwerk onder druk verkeer

VAALDRIEHOEK - Beurtkrag is dalk weer Suid-Afrika se voorland nadat Eskom ‘n waarskuwing uitgestuur het oor sy opwekkingsvermoë. Die kragvoorsiener doen ‘n beroep op die publiek om hul elektrisiteitsverbruik te beperk aangesien die opwekkingstelsel onder geweldige druk verkeer. Eskom het gister onverwags vier groot eenhede as gevolg van onbeplande diensprobleme verloor terwyl die indiensstelling van nog twee opwekkingseenhede vertraag is. Terwyl die kragvoorsiener verwag dat sekere eenhede binnekort weer in diens gestel sal word, waarsku hy dat die omstandighede tot die naweek kan duur.

FOTO: (Verskaf)



7 views