Search

Eskom waarsku koue weer van Dinsdag af bring dalk beurtkrag

VAALDRIEHOEK - Eskom waarsku die koue front in sommige dele van die land sal die vraag na elektrisiteit verhoog en sodoende die stelsel onder druk plaas. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê winderige, koue toestande word verwag in dele van die land. Eskom sê daar was geen beurtkrag sedert die 13de van verlede maand nie, weens ‘n geringe verbetering in opwekkingsvermoë en die stelsel funksioneer tans relatief goed. Die kragvoorsiener moedig die publiek aan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Die SA Weerdiens sê Vereeniging verwag 'n maksimum van 13°C, Johannesburg ook 13°C en Pretoria 15°C. Die volgende dag verwag die weerdiens dat temperature nog afneem, met die minimum temperature wat tot in die minusse kan daal in Gauteng, Noordwes en Mpumalanga. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal dit weer teen Donderdag begin warmer word. FOTO: (Verskaf; Eskom)





11 views0 comments