Eskom wil glo van nóg 500 wit onderhoudspersoneellede ontslae raak
VAALDRIEHOEK - Eskom beplan glo om teen 2025 van 500 wit mans in hul werksmag ontslae te raak. Luidens ‘n verklaring van Solidariteit is dié werknemers, wat hoofsaaklik vir onderhoudswerk verantwoordelik is, se aflegging in Eskom se nuwe diensbillikheidsplan vir 2023 tot 2025 uiteengesit. Solidariteit het in ‘n regsbrief aan Eskom versoek dat ‘n moratorium op rasgebaseerde aanstellings by Eskom ingestel word om te help om die kragkrisis te bekamp. Solidariteit is van mening dat Eskom bekwame ambagslui in Suid-Afrika moet werf op grond van hul vermoë om die kragkrisis te help oplos, en nié die kleur van hul vel nie. Die vakbond is ook van mening dat hy die reg voorbehou om hof toe te gaan indien Eskom met die toepassing van sy rasseteikens voortgaan. Solidariteit is ook besig om voor te berei vir ʼn hofsaak om Eskom van vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging vrygestel te kry. FOTO: (Solidariteit; verskaf)

