Search

Expat belasting tree in werking op 1 Maart

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoekers en ander Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk sal oor slegs ‘n paar weke moontlik veel meer belasting as voorheen moet betaal. Tans hoef ’n Suid-Afrikaner wat vir langer as 183 dae in enige 12 maande tydperk buite die landsgrense inkomste verdien en vir minstens 60 van daardie 183 dae aaneenlopend in die buiteland is, nie enige belasting op sy inkomste aan die SAID te betaal nie. Van 1 Maart 2020 af is die voorwaardes vir dié vrystelling steeds dieselfde, maar slegs die eerste R1 miljoen van die inkomste sal nou vrygeskeld wees. Alle inkomste meer as R1 miljoen, insluitende byvoordele soos behuisings-, onderwys- of vervoertoelae, sal volgens die gewone plaaslike belastingtabelle belas word. Die veranderings raak veral Suid-Afrikaners wat in lande in die Midde-Ooste werk waar hulle tot dusver geen belasting betaal het nie. Netwerk24 berig die belastingkonsultantefirma Tax Consulting waarsku dat diegene wat nie aan die nuwe vereistes voldoen nie, stywe boetes kan kry of selfs tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis word met hul terugkeer na Suid-Afrika. FOTO: (Verskaf)


26 views
Listen Live.jpg