Search

Fase 2 beurtkrag gaan voort vanaf 17:00 vanmiddag

VAALDRIEHOEK - Eskom het aangekondig dat Fase 2-beurtkrag weer vanaf vyfuur tot tienuur vanaand geïmplementeer sal word, met die moontlikheid van hoër fases sou enige onklaarrakings gedurende die dag plaasvind. Die kragvoorsiener sê die aanbreek van die winter het ‘n groter aanvraag en dit sal lei tot ernstige kapasiteitsbeperkings gedurende hierdie tydperk, veral gedurende die aand- en oggendspitstye. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê ‘n opwekkingseenheid elk by die Kusile- en Arnot-kragstasies sal na verwagting vanmiddag weer in diens wees. Mantshantsha sê sedert gisteraand het ‘n eenheid elk by Arnot-, Grootvlei- en Matla-kragstasies óf gestruikel óf vanlyn geneem vir herstelwerk.

FOTOS: (AfriForum, Eskom)




8 views0 comments