Fase 4-beurtkrag word deurlopend ingestel.
Eskom het aangekondig dat fase vier-beurtkrag tot verdere kennisgewing deurlopend toegepas sal word. Intussen sê die ANC-president Cyril Ramaphosa ‘n span onafhanklike kenners is saamgestel om nóu saam met Eskom te werk om ‘n diagnose te kry vir die uitgerekte beurtkrag-probleme. Die span sal ook optree om aanleg-prestasie te verbeter, veral by die ses krag-stasies wat die meeste onklaar raak. Ramaphosa sê onderhoud is deur-slag-gewend vir energie-sekerheid en dit beteken meer krag-stasies moes van lyn af geneem word vir onderhoud.
Die regering sê ook, as deel van sy plan om tegniese vermoë by Eskom op te bou, is 18 ervare spesialiste na die krag-verskaffer teruggebring. Dit sluit drie voormalige kragstasiebestuurders in wat sal help by Kendal in Mpumalanga, Koeberg in die Wes-Kaap en Medupi in Limpopo. Die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê daar was ook pogings tot samewerking met eksterne rol-spelers wat gewillig is om Eskom te help. Hy sê die regering gaan voort om die land se energie-aksieplan in erns in te stel met die langtermyn-doelwit om aaneenlopende, betroubare energie-voorsiening te verseker.
