Search

Fase 5-beurtkrag sal in die middae geïmplementeer word

VAALDRIEHOEK - Eskom sê alhoewel sommige opwekkingseenhede weer in diens geneem is, is dit nie genoeg om die algehele kragnetwerk te help funksioneer nie. Die kragvoorsiener sê hulle het dus besluit om fase 5-beurtkrag in die middae te implementeer om druk op die netwerk te help verlig. Eskom sê beurtkrag sal ongelukkig vir die volgende paar weke voortduur aangesien opwekkingskapasiteitstekorte voortduur. Eskom se woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê as hulle ‘n volle arbeidsmag het wat terugkeer werk toe, sal beurtkrag oor die naweek na fase 2 verlaag word.

FOTO: (Eskom)



19 views0 comments