top of page
Search

Fase 6-beurtkrag ingestel tot verdere kennisgewing

VAALDRIEHOEK - Eskom het beurtkrag verhoog na fase 6 tot verdere kennisgewing. Dit volg nadat Suid-Afrikaners vanoggend wakker geword het met fase 4-beurtkrag. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragvoorsiener sukkel met sy brandstofreserwes aangesien fondse uitgeput is.

Intussen het Eskom aansoek gedoen om te appelleer teen ‘n uitspraak wat tenders ter waarde van R16-miljard tersyde stel. Die tenders is verlede jaar aan Actom en Steinmuller Africa toegeken vir instandhouding en hersteldienste aan onderbrekings by sy 15 steenkoolkragstasies. Die Hooggeregshof se uitspraak het die tenders as onregmatig verklaar en die kontrakte tersyde gestel. Eskom beweer in sy appèlaansoek die hof het fouteer deur tot die gevolgtrekking te kom dat die ISO-sweis-sertifikaat-voorwaarde dubbelsinnig was, en die tenderproses onbillik is.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page