Search

Fedsas maan SA om op te hou spekuleer oor skooljaar

VAALDRIEHOEK - Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het Suid-Afrikaners gemaan om op te hou spekuleer oor die skoolleerplan, omdat dit angs, onsekerheid en spanning verhoog oor hoe die verloop van die virus die skooljaar gaan raak. Fedsas se Paul Colditz die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) se Chris Klopper het volgens Netwerk24 gewaarsku dis nog heeltemal voortydig “en gevaarlik” om die finale besluite vooruit te loop oor hoe om die skooljaar te red te midde van Covid-19-inperkings. Klopper het Sondag gesê hulle kan nou hoogstens sê dat die besnoeiing van vakinhoud oorweeg word om te verseker dat die noodsaaklike aspekte van die kurrikulum met die oog op volgende jaar gedek sal word. Colditz sê egter die moontlike besnoeiing van die kurrikulum is maar een van vele moontlikhede wat oorweeg word in ’n “geïntegreerde poging” om die skooljaar te red. FOTO: (Verskaf)



6 views
Listen Live.jpg