Fedsas vra ouers om aan te hou om skoolfonds te betaal
VAALDRIEHOEK - Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het ’n beroep op ouers gedoen om aan te hou om skoolgeld te betaal al is hul kinders tuis. Adjunk-uitvoerende hoof van Fedsas, dr. Jaco Deacon, sê ouers het te lank verkeerdelik gedink onderwys is ’n plek, terwyl dit eintlik ’n proses is. Kommunikasie tussen onderwysers en leerlinge sal deur middel van WhatsApp-groepe en Zoom voortgaan waar tegnologie vir onderrig ingespan word. Hy meen skole het eintlik vandeesweek oor die land heen weer begin. Netwerk24 berig hy sê die uitdaging gaan nou wees dat ouers meer intensief by hul kinders se onderrig betrokke sal moet bly, veral by laerskoolleerlinge waar die ouers sal moet toesien dat hul kinders aanhou leer. Deacon sê die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, is deurentyd in kontak met beheerliggaamorganisasies en vakbonde en almal werk nou saam om beste praktyk te verseker. FOTO: (Verskaf)
